Yes! vir Jesus
Restore columns
Exit Fullscreen

Hoe om vandag God se mens te wees

deur
Louis Malherbe

Protea-Uitgewers

PROTEA-UITGEWERS

’n Divisie van Bybel-Media
(’n ingelyfde vereniging sonder winsoogmerk)
Posbus 420, Wellington 7655
Reg. 80/02524/08

Outeursreg: Kopiereg Yes! vir Jesus Bybel-Media 1996
Geen deel van hierdie publikasie mag gereproduseer, in ’n datasentrum geberg of vermenigvuldig word in enige vorm of deur enige medium—elektronies, meganies,
fotostaties, fonografies of enige ander vorm van opname—sonder die voorafgaande
skriftelike verlof van Bybel-Media nie.

Aanhalings uit Die Bybel (Nuwe Vertaling met herformulerings) Kopiereg 1983, 1990.
Met verlof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

ISBN 1 874960 14 3

Inhoudsopgawe

Die oorsprong van hierdie boek

Louis Malherbe

Só onthou ek my pa

1. Die begin van mens-wees

2. Die probleem van mens-wees

3. Die oplossing van mens-wees

4. Mens-wees in die praktyk

Die oorsprong van hierdie boek

LOUIS Malherbe het nooit ’n boek geskryf nie—ook nie hierdie een nie. En tóg is hierdie boek Louis s’n. Louis se Menswees-seminare was baie bekend en gewild. In 1986 het Mema en Campus Crusade for Christ as deel van hulle bemarkingsveldtog ’n Menswees-seminaar in Bloemfontein gereël waar Louis sou optree. Ongeveer 800 mense het hierdie seminaar op ’n Saterdagoggend gedurende Augustus in die Pluimbal-saal van die Universiteit van Oranje-Vrystaat bygewoon. Soos dit ook uit hierdie boek blyk, was dit een van die laaste Menswees-seminare wat hy aangebied het.

Louis was in daardie stadium ’n ouderling in sy gemeente. Vanweë sy bekendheid en gewildheid as spreker, het Mema gereël dat sewe teoloë ook die seminaar bywoon om die spreker te evalueer.

Mema het met die oog op verdere verspreiding ’n video-opname van die hele seminaar gemaak. Mev. Annatjie Malherbe het vriendelik toestemming verleen dat die video-opname van daardie seminaar nou deur Protea-Uitgewers in boekvorm beskikbaar gestel kan word. Die seminaar soos dit daar aangebied is, word hiermee in ’n geredigeerde vorm aangebied.

Louis Malherbe

“Wat maak jy as jy voet in die hoek sit en skielik is hier ’n kar reg voor jou in die pad?

Jy skop remme vas,

maar die brieke lock

en daars niks … jy gly net.

’n Geweldige slag

die volgende oomblik is als verby en jy kyk die Man van Nasaret in die oë!

Dan tel jou bankbalans nie meer nie, Pêl, ook nie jou adres in Waterkloof nie. Dit maak nie saak of jy arm, ryk of suksesvol was nie. Al wat dán saak maak, is of jou naam in die Boek van die Lewe geskryf staan.”

Dít was Louis—of hy nou met sakemanne, lektore by Unisa, kerkmense, studente, skoliere, jeugorganisasies, Weermag of wie ook al gepraat het: almal het presies geweet wat hy bedoel.

Dis al meer as agt jaar as hy dood is: Paasnaweek 1987 was hy en sy seun Anton met hulle motorfietse op pad van Sabie af terug na Blyderivierpoort toe met warm brood waar Annatjie, sy vrou, en Tanya gewag het. Dit was nat en om ’n draai was daar skielik ’n motor dwars voor hom in die pad. Hy het gerem, sy wiele ...

Content not shown in limited preview…
YJ

About Yes! vir Jesus

YES! VIR JESUS, Louis Malherbe – Louis Malherbe se Menswees–seminare was baie bekend en gewild. In duidelike taal en op sy kenmerkende manier het hy mense uitgedaag om vandag die soort mens te wees wat God van ons verwag. Ongeveer 800 mense het op ′n Saterdagoggend gedurende Augustus 1986 in die Pluimbal–saal van die Universiteit van Oranje–Vrystaat een van sy laaste menswees–seminare bygewoon wat hy sou aanbied. Hierdie boek is ′n weergawe van daardie seminaar. Dit is vandag nog net so aktueel en prakties as nege jaar gelede. Die uidaging om in ons wêreld God se mens te wees, geld nog steeds.

Support Info

virjesus

Table of Contents